Kreatiewe & Inspirerende Refleksies
’n Poësiepouse, ’n oordenking, ’n hartsgedagte, en kreatiewe skryfwerk uit geleefde ervaring, om ’n nouer wandel met YHWH te inspireer.
Meer oor Margaret Bennett:
Margaret Bennett is ’n Suidwester, gevorm deur stofpaaie—fisies én emosioneel. Otjiwarongo en Kalfeld het haar gevorm; Pretoria het haar geslyp; Windhoek is haar tuiste.
Sedert 2019 gee sy woorde aan ware verhale uit haar eie lewe.
Drie bundels later leef haar stem ook in verskeie bloemlesings voort.
Margaret is omroeper op verskeie radiostasies. Haar programme bevat onderwerpe soos gesondheid, skrywes, emosionele gesondheid. Haar eie radio stasie, YADA, getruig ook van Abba Vader!
© Margaret Bennett
Afrikaans
Lees/Luister na hierdie uit die hart poësie en refleksies deur Margaret Bennett – ‘n besonderese veelsydige & begaafde vrou!
Klik op die plasing hieronder en voel vry om jou gedagtes in die kommentaarafdelings te deel.
Druppels van liefde… – Pdp
…Wanneer die glans van liefde op so ‘n druppel val…. ’n magdom strale weerkaats in alle rigtings, wat ‘n ontplofing – wat ‘n knal!…
Plastiek – Margaret Bennett
…die holtes in my murg – doof was my ore – bindende, blindende asembedrog – as my voet swik en kraakop my pelgrimstog….
Godsrigting – Emmablom
…Waarom wil ek die pad kies, wat sal vergaan? Die pad waar die kaf deur die wind verstrooi word? Waar is U, o God?…
