Luister na die voorlesing:
Verwysings:
1 Vgl. Eks. 23:25a; Deut. 6:13; Rom. 1:9; 12:11
2 Vgl. Jes. 42 :1 – OAV; 52:13 – OAV; 53:11 – OAV
3 Vgl. 1 Joh. 4:15
4 Vgl. Jer. 18:6
5 Vgl. Luk. 9:48b
6 Vgl. Jer. 9:24a; 1 Kor. 1:31; 2 Kor. 10:17
7 Vgl. Matt. 7:2b
8 Vgl. Matt. 1:21; Luk. 1:31; 2:21
9 Vgl. Jes. 41:8 – OAV; Luk. 12:4; Jak. 2:23
10 Vgl. Ef. 6:6 – OAV
11Vgl. Neh. 8:
12 Vgl. Hand. 16:23-25a
13 Vgl. Pred. 2:26a – OAV
14 Vgl. Mal. 3:6
15 Vgl. Ps. 106:8
16 Vgl. Matt. 20:28; Mark. 10:45
"Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg; oor weinig was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel; gaan in in die vreugde van jou heer."
Mattheus 25:21:
Dienskneg
Here, ek wil ‘n mooi vaas wees op die vertoonkas
en asseblief nie ‘n koos wat onder die bed pas.
“Dien jy My soos my Kneg, Jesus,
dan word jy gevorm dat Ek in jou is.
Soos die klei in die hand van die Pottebakker,
word jy gebrei en jou Self raak al swakker.”
In God se oë kan jy groot wees al is jy klein.
Daarom: roem net in Hom, nie in mensies klein.
“Bid jy met verwagting om My te kan sien?
Want deur biddend te wag, sal jy My dien!
Die maat waarmee jy mense moet meet,
dit is die maat wat ‘Jesus’ heet!
Is jy waarlik in murg en been my vriend,
dienskneg van die Here – onverdiend?”
Here, U leer my om U met blydskap te dien.
In Nehemia se boek het ek dit raakgesien.
Kom daar tye van swaarkry, droefnis of smart,
weet ek: U’s by my, U’s in my hart!
Laat dié dinge my nie ontstel en moedeloos maak nie,
en dink dat dit U nie veel sal raak nie.
Maar help my om soos Paulus en Silas te sing
in ‘n tronk, in boeie, na die ergste foltering.
Te sing van vreugde wat ek vind by U, my Here,
wat nooit verander nie – u Naam ter ere!
Van U, Here Jesus, wat gekom het om te dien,
leer ek: Die sin van my bestaan is om U te dien.
Amen
© M’Hennie
(10 Mrt. 2001)
"Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg; oor weinig was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel; gaan in in die vreugde van jou heer."
Mattheus 25:21:
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/dienskneg-mhennie
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
