Hou my net vas – Leané le Roux

Hou my net vas for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

"Soos 'n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie."

Hou my net vas

Wanneer die beste weergawe van my op ‘n sterfbed lê
en ek vir U elke “nee”, “ja!” wil sê.
Wanneer ek die deur in U gesig toe slaan
of sonder om te aarsel U hand laat gaan…
Hou my net vas.

Wanneer ek moeg raak vir die masker
op my gesig 
en dit begin kraak onder verwagting se gewig…
Wanneer vrees se saad in my hart ontkiem;
wanneer dit te donker raak 
om U raak te sien…
Hou my net vas.

Hou my net vas wanneer twyfel my geloof verteer
en as ek uit U arms ontsnap;
Hou my net weer.
Hou my net vas wanneer ek nie meer weet hoe om dankie te sê nie.
Here, niemand kan my liewer as U hê nie!
So, hou my net vas. 

Ek kan vir ewig hier in U arms rus…
Neem my Jesus, net soos ek is- 
en hou my asseblief net vas. 


©️ Leané le Roux

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/hou-my-net-vas-llr

of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top