Hoop in Ellende – Glenn Kahts

Hoop in Ellende for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

God is my Hoop!

"Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop."

"Want U, Here, U is my hoop, op U, Here, het ek van jongs af vertrou."

Hoop in Ellende

Dankie, grote God en Heer.
Vandag iets so eenvoudigs geleer.
So tussen die ellende en siekte heen,
gee U My iets, soveel troos en seën!

Hoeveel keer het die mense my nie gevra,
oor ‘n ding wat soveel mense pla:
“As God dan ‘n God van liefde is,
waarom oorlog en kanker, moord en vigs?”

‘n Diep bedroefde moeder huil;
haar kind het sy hart en siel verruil
vir prostitusie, dwelms en drank.
Sy het niks waarvoor sy U kan dank.

Die werker het hoop verloor;
sy werk het tot ‘n einde gekom.
Mense word besteel, gekaap en vermoor.
Wantroue en vrees wil almal deurboor.
Die einde is naby, die einde kom.

My hart self het geword eindeloos moeg,
van sinlose sukkel, sweet en swoeg.
Amper dood in ‘n put van verlatenheid,
vanuit die donker gat het U my laat sien:
‘n Liefdeslig, ‘n Uitkoms, ‘n Hoopvolle beleid!

Toe sien ek waaroor U liefde gaan,
so tussen die hartseer en rampe heen.
In dieselfde ellendige omstandigheid
van onreg en wraak en selfsugtigheid;
aan die kruis gee U vir ons U Seun!

En daarin lê my enigste hoop,
in hierdie wêreld van ellende en dood.
U Seun het my persoonlike vloek gedra,
toe ek vir U, Heer Jesus, in my hart sê “ja!”
Nog steeds in hierdie wêreld van ellende en pyn,
het my beskuldigings teenoor U verdwyn.
En in my binneste wel die dankbaarheid op,
teen U, my Verlosser, my Heer, en my God!

En nou weet ek my God waar U liefde lê!
Dis in ons verlossing waar ons vrede sal hê!
In ons wedergebore nuwe mens wees,
sal ons juig en sing, gevul met U Gees!

Halleluja!

©️ Glenn Kahts

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/hoop-in-ellende-gk
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top