Luister na die voorlesing:
As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.
Hebreërs 11:6
‘n Nuwe Begin
Die geboorte van ‘n kind,
‘n nuwe baba diertjie,
bome wat bot in die lente…
Dis altyd ‘n nuwe begin!
Eintlik is elke dag
‘n nuwe begin;
‘n nuwe kans –
‘n nuwe lente!
Wat maak jy
met hierdie
geskenk
vandag?
Wees vandag
in Christus –
‘n nuwe skepsel;
laat die ou dinge verby gaan!
Soos ‘n lente bloeisel –
wees nuut in Hom.
Hy het vir jou ook ‘n nuwe begin gegee,
wag getrou op Hom – nuwe lente!
©️ Ah,Willa!
12 September 2025
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/nuwe-begin-ahwilla
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
