Luister na die voorlesing:
Moet jou oor niks bekommer nie, want elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd...
Prediker 3:1
‘n Wenner Hoop in Hom!
Ek hoef nie veel te sê nie -
net dat God
ons oor elke struikelblok help….
Wanneer ek
voor een te staan kom,
voel ek Sy optel
om my oor dit te tel.
Wanneer ek weer aan die grond raak
aan die anderkant,
voel ek Sy nuwe Krag in my.
Ek weet ook dat Hy
met my stap, tree vir tree.
Nooit sal ek ophou
om te hoop nie.
Soms moet mens eers struikelblokke
op jou pad ervaar,
sodat mens sterker aan die anderkant kan uitkom.
Sonder struikelblokke
kan ons nie wenners wees nie.
Ek plaas al my hoop op Hom…
Sonder Hom
kan ek
ook nie wenner wees nie.
© Sanché
Moet jou oor niks bekommer nie, want elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd...
Prediker 3:1
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/wenner-hoop-sanche
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
