Godsrigting – Emmablom

Godsrigting2 for Wired & Well © copyright
Godsrigting4 for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

Die Here is my herder.  'n PSALM van Dawid. Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.

Godsrigting4 for Wired & Well © copyright

Godsrigting
Psalm 23 in die 1933/1953)

Waarom dink jy nietige dinge, o my siel?
Waarom wil ek die pad kies, wat sal vergaan?
Die pad waar die kaf deur die wind verstrooi word?
Waar is U, o God?
Hoekom voel ek so alleen?

Ek wil van rigting verander.
Ek wil op die pad gaan stap
wat langs die lewende
waterstroom loop.
Daar wil ek geplant word.
Soos ‘n boom wil ek groei –
‘n boom waarvan blare nie verwelk nie.
Alles wat ek doen, wil ek voorspoedig vir God uitvoer.

Maar ek voel vasgevang op ‘n donker pad –
‘n pad waar ek nie moet wees nie;
‘n pad sonder lig; sonder waarheid –
vasgevang in die vyand se leuens!

Jesus, ek smeek U –
kom skyn U lig op my pad
sodat ek kan weet
watter kant toe om te gaan.
Kom verkwik my siel
terwyl U my laat neerlê
in die groen weivelde.
Laat ek die onheil nie vrees nie –
herinner my dat U by my is.
Vertroos my met U stok en U staf.
Kom berei asseblief ‘n tafel vir my
in die teenwoordigheid van my teëstanders.

Laat my beker oorloop en
goedheid en guns my volg,
al die dae van my lewe;
want ek wil terugkom huis toe.

Ek wil in die huis van die Here bly –
al die dae van my lewe!

© EmmaBlom


Laat ons Herder jou lei!

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/godsrigting-emmablom
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top