Ah,Willa & Friends / Ah,Willa & Vriende Logo for Wonderfully Wired & Well © copyright

Kreatiewe & Inspirerende Refleksies

’n Poësiepouse, ’n oordenking, ’n hartsgedagte, en kreatiewe skryfwerk uit geleefde ervaring, om ’n nouer wandel met YHWH te inspireer.

M'Hennie for Wonderfully Wired & Well © copyright

Meer oor M’Hennie:

Hy dig al van jonks af en het nou jare se ondervinding en wysheid wat sy pen bedryf.  M’Hennie is daar van die mooi Namibia af.

© M’Hennie

Afrikaans & English

MY DIGTERASIEBOEK

Ek is al deur hoeveel welmenende vriende, of selfs ook nie, gevra wanneer ek ‘n digbundel uitgee, of beter gestel wanneer ek my gedigte publiseer. Ek het my nog altyd teen die koste daaraan verbonde vasgekyk, maar nou het ek besluit om ‘n begin te maak om dié Digbundel die lig te laat sien.

My gedigte gaan meestal oor mense en hul dinge wat veral hulle (of my) geestelike uitkyk verwoord, maar ook natuurverskynsels, wat ek alles in kategorieë ingedeel het. Ek het probeer om weg te beweeg van die abstrakte en het my sover moontlik by die konkrete gehou – dit wat sintuiglik waargeneem en geestelik ervaar kan word.

My gedigte is meestal in Afrikaans, maar daar is ook ‘n paar Engelse gedigte waarvoor ek nie ‘n aparte kategorie ge-maak het nie, maar dit ingeweef het in die betrokke Afri-kaans georiënteerde kategorie.

Ek het probeer om erkenning te gee aan mense wat my geïnspireer het, maar meestal is dit my eie praksasies. My dogter, Marié Kuhlmann, en my dierbare vrou, Wilna, was my grootste kritici, maar ook my beste inspirasie. Maar bo alles wil ek my dank en eer aan my hemelse Vader betuig. Ek verstout myself om die Psalmis, Dawid, aan te haal: “Met my God loop ek ‘n bende storm; met Hom spring ek oor ‘n hoë muur.” (Vgl. Ps. 18:30 – OAV)

Die Skrywer/Digter
© M’Hennie
Junie 2017

Lees/Luister na hierdie uit die hart poësie en refleksies deur M’Hennie.
Klik op die plasing hieronder en voel vry om jou gedagtes in die kommentaarafdelings te deel.

Dwaalspore – M’Hennie
06Apr

Dwaalspore – M’Hennie

Soms, as dwase jeug, dwaal ons spore in verkeerde rigtings in. En dis wanneer ‘n moeder se rigtingaanwysings ons hard en duidelik terug roep…

Scroll to Top