Die natuur roep uit na God! – Ah,Willa!

'n Ditjies en Datjies, Plus 'n Veertjie onthou oomblik saam Leri Joubert for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

Dit was deel van Episode 6:

Powered By EmbedPress

"Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend."

Die natuur roep uit na God!

Die wolke is beduiweld –
skoon donker-grys
en steek die son heel suinig weg
vir die verlangende oog.
Dink die wolke mag dalk
vanmiddag huil ook;
kyk hoe boepens frons
daai opgeblaasde wolk wange!

Die wind is onvoorspelbaar,
heel onheilig!
Een oomblik die spel van
‘n onskuldige kind,
en dan skielik ontwortel
hy my geloof
sodat ‘n mosterdsaad
skoon skaam kry!

En terwyl die wind
my fondamente ruk,
wonder ek hoe loof
die donder van die weerlig
dan nou U Heilige Naam,
o Here, my God?
Of is U skeppings nie net hier
om U te loof en prys nie,
maar ook ons siel-siek
mensdom te waarsku, te rig?

Is die grom van elke aardskudding
‘n wakkermaak alarm?
Is die rommel van kiloliters water
wat oorneem,
‘n skoonwas?
Is die uitgehongerde droogtes
dié roep vir elke knieg om te buig?

Is die rommel plase waar plastiek
in plek van blomme pronk ‘n beleding vir U?
Is alles wat so onderste bo hardloop,
ons sonde gemors wat U weer moet skoonmaak?

Bly stil – ek hoor iets daar anderkant daai boom!
Já; so waar, dis die koer-koer van ‘n duif
wat ons saam roep om te kom prys en loof.
Die ritsel van die blare wat halleluja’s uitroep.
Die bessies wat eenstemmig saam getuig!

© ♫~♥Ah,Willa!♥~♫

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/die-natuur-roep-uit-na-god-ahwilla
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top