Welkom by ons Oordenkings Reekse

Oordenkings Reekse Welkom for Wonderfully Wired & Well © copyright

Hierdie spasie is geskep sodat jy
kan stil word, asemhaal, en YHWH
se teenwoordigheid deur kreatiwiteit beleef.

Hier sal jy oordenkings reekse vind
deur ons verskillende skrywers/sprekers.
Onthou ons is van verskillende denominasies, en steeds mens,
so jy moet self ook YHWH se Woord ondersoek!

Ons skryf uit die dieptes van ons harte
en maak nie aanspraak op volmaaktheid nie,
want net soos jy, is ons ook in ’n proses van leer en groei.

neem 5 minute
uit jou dag
vir YHWH!

Hierdie oordenkings reekse spreek tot die siel:

Vind hier ’n stil innerlike spasie
waar jy en YHWE kan ontmoet.

Dit is in Sy teenwoordigheid
waar ons dit wat
nie verduidelik kan word nie verwerk en
ons persoonlike verhouding met Hom verdiep!

Jy hoef nie ’n skrywer/spreker te wees
om hier te hoort nie.

Jy hoef net gewillig te wees om te voel,
te reflekteer, en teenwoordig te wees.

Te midde van die alledaagse lewe
vind ‘n oomblik vir innerlike vrede…

Jakobus 4:8 for Wonderfully Wired & Well © copyright

Ons nooi jou hartlik uit om jou hart en gedagtes
in die kommentaar hieronder te deel.

Jy is ook welkom om ons te kontak via info@rethinkingfamilies.com.

Mag hierdie spasie vir jou ’n oomblik van vrede
en ’n plek wees om terug te keer na YHWH.

Onthou:
Nader tot God
en
Hy sal tot jou nader!

om maar net te deel,

Ah,Willa!

namens al ons

Kreatiewe Inspirerende Vriende

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top