Die vreemdeling in my spieël – Leané le Roux

Die vreemdeling in my spieël for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

Die vreemdeling in my spieël

Ek het haar raakgeloop die ander aand –
die vreemdeling in my spieël.
Sy het ‘n baie bekende kyk in haar oë,
maar ‘n onbekende siel.

“Wie is jy?” Het ek gevra –
haar antwoord los my stom:
“Ek is jy!” het sy gesê
“Jou keuses het my gevorm.”

Elke twyfel wat jy ‘n kans gegee het,
elke sonde waaraan jy tyd bestee het,
elke maniërisme wat jy geweier het om te los,
elke masker en elke leuen het ‘n stukkie van jou gekos …

Jy kan my nog verander
in iemand wie jy WÍL ken!
‘n Groot stryd woed binne elkeen –
en die vreemdeling in jou spieël weerkaats wie wen.

Ek het haar raakgeloop die ander aand –
die vreemdeling in my spieël.
Ek het belowe om vir haar te bid
en ‘n bietjie te werk aan die vreemdheid van haar siel.

©️ Leané le Roux

Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, Sy grootheid is ondeurgrondelik.

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/vreemdeling-in-my-spieel-leane

of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top