Rus in Vrede vir ‘n kort rukkie – Angelo Titus

Rus in vrede vir ‘n kort rukkie2 for Wired & Well © copyright

Die lewe is ‘n reis van seisoene wat tydelik kom en gaan … maar die finale seisoen is vir ewig.  Kies Lewe, vandag!

"God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê."

Luister na die voorlesing:

Die lewe is ‘n ketting reaskie van keuses en aksies. So is dit dat waar daar geloof is, is daar ook Hoop en Ewigheid…

Rus in vrede vir ‘n kort rukkie

Die stilte in ons kamer bring weereens,
soos ‘n getroue boodsapper;
die nuus van jou heengaan.
Tefergeefs strek ek my hand uit
om jou welbekende vorm aan te raak
en jou warm liggaam te streël;
maar die leë stil ruimte wat eens joune was
langs my op ons bed bied geen vertroosting;
of vervulling vir die verlange in my hart om selfs
net weer jou rustige, ritmiese asemhaling te hoor.

Die dae het nou al weke geword
en die weke maande,
maar nog steeds bekruip die verlange na jou stem
of stille teenwoordigheid my dikwels
soos ‘n onsigbare skadu
waar ek besig is met ‘n huistakie,
of ‘n ou bekende boek oopmaak
wat ons nog saam gelees het,
of selfs net ‘n klein houertjie of potjie
hanteer in ons kombuis.

Jy is so nou verbind met alles in ons huis.
Ek sien weer al die resepte boeke
en dit herinner my van die lekker etes
wat jy met soveel liefde en omgee vir ons voorberei het.
Ai my vrou, nou rol my trane weer en ek weet,
al verstaan ek nie alles;
my hart sien nog nie kans om jou te vergeet!
Die gemis aan jou is nou al ‘n bekende gas,
en al mag die hartseer nog dikwels by
my kom kuier weet ek een ding,
net dit vertroos my soos niks anders kan:

Jy rus nou in vrede vir ‘n kort rukkie,
tot daardie blye dag wanneer Jesus
ons by Sy wederkoms weer sal verenig.
In blakende gesondheid en grenslose vreugde,
sonder enige gebreke van ligaamlike
of selfs verstandelike verminking
deur siekte en pyn!
Já; dit is my enigste en blye Hoop!
Saam met almal wie al ‘n geliefde verloor het;
glo en geduldig wag; wil ek uitroep:
“Kom Here Jesus, kom gou!”

© Angelo Titus

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/rus-in-vrede-angelo/
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top