Koffie Tyd – Tami Kahts

Koffie Tyd for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

“Raak stil en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.” Dit herinner ons daaraan om stil te word en ons fokus op Hom te plaas."

Koffie Tyd

Dis koffie tyd-
laat middag op die gras,
in die skuiling van U skadu,
met U teenwoordigheid wat oor my was…

Dis koffie tyd-
vroeg oggend voor die son opkom,
buig dankbaarheid emosies reguit
want voor dit was dit eers krom.

Dis koffie tyd-
tydens ‘n lawaaierige pouse in die klas;
deur die woede, frustrasie en magteloosheid
gryp ek U vrede met albei hande vas.

Dis koffie tyd elke keer saam met U…
My hart en wese lê in U groen weivelde.
My drome en hoop is by waters waar rus is…
My siel en verstand bly van God bewus!

©️ Tami Kahts

Dit is die Here wat sorg vir dié wat Hom eer, vir dié wat op sy mag vertrou

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/koffietyd-tamik
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top