Kaalvoet liefdes gedig – Angelique Kemp

Kaalvoet liefdes gedig2 for Wired & Well © copyright

Die lewe is ‘n ketting reaskie van keuses en aksies. So is dit dat waar daar geloof is, is daar ook liefdevolle vrede…

Luister na die voorlesing:

Ons verstaan nie altyd die hoekoms en waaroms in elke seisoen nie, maar die wat Hom lief het, het sekerheid!

Kaalvoet liefdes gedig

Waar daar geloof is, daar is vryheid
magtiger as begeerte;
Waar daar vryheid is, daar is vertroue
magtiger as verbintenis;
Waar daar vertroue is, daar is lewe
magtiger as die dood;
Waar die lewe is, daar is hoop
magtiger as verlies;
Waar daar hoop is, daar is God
magtiger as toewyding.
Waar daar God is, daar is die liefde
magtiger as verloëning;
Waar daar liefde is, daar is vrede
magtiger as versoening.

© Angelique Kemp


Waar daar God is, daar is die liefde... for Wired & Well © copyright

"Vir dié wat u wet liefhet, is daar groot sekerheid; niks kan hulle laat struikel nie"

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/kaalvoetliefdesgedig-angelique/
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top