Saam met geloof en liefde het dit geen einde nie, hoop bly. Binne in dit vind ons vreugde, lewenslus en ‘n doel…
Luister na die voorlesing:
Hoop
Hoop is een van daai klein woordjies wat groot betekenis gee.
Hoop is vol hoop.
Dit kan vals wees en net ‘n tydelike straaltjie los.
‘n Skynsel.
Miskien net om daai trappie van opgee tot aanhou te oorbrug.
Dit hou die deur oop vir die toekoms.
Dis die eerste tree van glo.
Saam met geloof en liefde het dit geen einde nie, dit bly.
Binne in dit vind ons vreugde, lewenslus en ‘n doel.
Sonder dit is daar geen rede om meer die asem in jou longe te voel.
Sonder hoop is die lewe dood.
Niks om na uit te sien.
Net hopeloos.
© Alicia Kotze
Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God! Uit my vertwyfeling roep ek na U ...
Psalm 42:6-8
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/hoop-alicia
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
