Herfs – JanDink

Herfs2 deur JanDink for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

Herfs

Blare val, bome kaal
geel, bruin, grys, trietsig.
Temperature daal en so ook my gemoed.
Planne faal, niks werk uit nie.
Klippe rol in my pad, ek struikel,
stamp my toon, bloei …

Hemelse Vader, het U my verlaat?

Máár!

‘n Varkblom druk nuwe blare deur die koue aardkors.
Surinkies verskyn oral met die belofte van vrolike geel;
lewe te midde van die dood!
Herfs is nie dood nie, dit is voorbereiding vir hernuwing!
My gemoed klim!
God skep lewe ten spyte van die sondeval!

Prys Hom in wie ek alles kan oorkom!

© JanDink
2 Mei 2025

Inwoners van Sion, julle moet bly wees en juig tot eer van die Here julle God, want Hy het die reëns betyds laat kom, Hy het die vroeë en die laat reën soos voorheen gegee.

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/herfs-jandink
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top