Luister na die voorlesing:
Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik.
Psalm 145:3
God se Grootheid
Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik.
Psalm 145:3
God se Grootheid
Here, as ek na my binneste kyk,
en ek sien dit wat vir my so onmoontlik lyk;
dan word ek opnuut vervul met verwondering,
as ek kyk na U besluit
om selfvernedering.
In my binneste is daar soms ‘n sterk begeerte
om mense met mening te laat betaal,
vir al die baie verkeerde dinge
wat hulle op my uithaal!
Ek voel dis aan my
wat hulle die onreg doen!
Hoekom moet ek my eerste met hulle versoen?
My hoogmoed of trots
of ego of wat –
wil hê ék moet die een wees
wat vas hou aan die lat!
Dan dink ek aan U
as God van die heelal;
U wat die reg het
as die groot “EK IS’-
om enige onreg teen U
met vuur en hael,
summier van die aardbol
af uit te wis!
U het Uself nie eers so belangrik geag;
soos ek, wat so graag die mense wil slag!
Hulle sonde teen my, wil ek,
dat hul duur moet betaal!
Maar vir hul sonde teen U,
het U self betaal!
Wat vir my, Heer, so wonderlik is,
is dat U as ons Skepper,
U ons uit mag wis-
maar U het Uself verneder;
soos ons, mens geword,
U self het ons van U Grootsheid kom red!
Met groot vernedering
het U ons met U veiligheid omgord.
Waar is daardie groot liefde in ons,
dat ons onsself so sal verneder?
Dat ons, ons naaste sal beveilig teen onsself?
Deur hulle, soos U,
hul sonde teen ons te vergewe
en hul vry te spreek?
Hoe wil ons dan wees groter as U?
As ons onsself nie soos U,
ons eie belangrikheid prys wil gee;
en so die sonde teen ons weg wil vee?
En so Here, loop my hart oor van prys,
want U het U eie lewe
minder as myne geag,
en so in my plek gehang
aan die galg.
Nou plaas ek U heel hoogste
op my lys.
Laat my lofprysings
tot U verewig verrys!
Hallelujah!
© Glenn Kahts
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/god-se-grootheid-glenn-kahts
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
