Luister na die voorlesing:
Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik.
Psalm 145:3
My Geskenk
Ek bring eer aan U naam,
want U het my mooi gemaak.
Nog voordat ek gebore was,
het U my kunstig aanmekaar gelas.
Die hemelruim is die werk van U hande.
U omring ons met skoonheid van alle kante.
Hoe wonderbaar is U naam oor die hele aarde.
Alles wat U gemaak het, dra groot waarde.
Die natuur smag na U kinders –
wys ons U plan, verwyder ons blinders.
Teken die prentjie soos U dit wil hê.
Ons is slegs die potlood, ons het nie ‘n sê.
Soms is ek swak, die toekoms lyk duister,
maar U lig bring vrede, as ek net mooi luister.
U teken die mooiste wonderprent…
Dis die lewe wat U my gegee het, my geskenk.
© Jani Kahts
Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik.
Psalm 145:3
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/geskenk-jani
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
