Luister na die voorlesing:
“Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”
Matteus 17:20
Geloofplantjie
Sou ek geloof had van ‘n
klein ou mosterd saad,
sou ek berge kon versit,
maar hier lê ek nou
heel stukkend en ongelowig
onder die berg van worry en seer …
Vader kom plant hier in my ou siek hart,
‘n nuwe hoop van geloof,
so groot soos ‘n mosterd saad,
want sonder U hulp …
ai Vader; kom plant die saad
in my ou seer-siek hart!
© ♫~♥Ah,Willa!♥~♫
12 Januarie 2023
As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.
Hebreërs 11:6
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/geloofplantjie-ahwilla
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
