Gedra deur genade – Angelique Kemp 

Gedra deur genade for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.

Ons weet immers: as ons aardse tentwoning afgebreek word, het ons 'n gebou van God, 'n tuiste wat nie deur mensehande gemaak is nie, ewig in die hemele.

Gedra deur genade 


Sy genade, ‘n onsigbare band 
In die angsnag
Baan Hy my elke tree
Daar hou Hy my
Lei Hy my 

Dra Hy my

Sy genade, onmeetbaar soos sand 
In die uur van benoudheid
Pas Hy my elke sprong
Here hou my
Here lei my 

Here dra my

Sy genade, onwrikbaar soos land 

Deur die moeitevolle lewenstog 

Skaal Hy my elke pas
Daar hou Hy my
Daar lei Hy my 

Daar dra Hy my

© Angelique Kemp

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/gedra-deur-genade-angelique-kemp
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top