Luister na die lied:
Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik.
Psalm 145:3
Lied: Ek wil U liefhê Heer
Ek wil U liefhê Heer,
ek wil U hulde bring.
U is my redder Heer,
my Trooster Vriend.
Wil een wees met U Heer,
nou en altyd!
Wil U gehoorsaam wees met,
lof en dankbaarheid!
U het my vrygespreek,
van sondeskuld en las.
U het my vrygemaak,
my skoon gewas.
Ek wil U lof bring, Heer,
en eerbied ook!
Ek wil U graag aanbid,
U volg en diensbaar wees!
U laat my weer liefhê,
met blye vrolik hart!
Ek kan weer lewe, Heer,
met nuwe aard!
Dit is net U my God,
ook Heil’ge Gees!
‘n Nuwe lewe Heer,
met Jesus in my hart! x2
©️ Glenn Kahts
Getoonset en geskryf deur Glenn Kaths. Gesing deur Glenn, Jani & Tami Kahts
©️ Glenn Kahts
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/ek-wil-u-liefhe-heer-kahts
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Só pragtig en julle stemme só helder en duidelik. BAIE dankie lief Glenn en jou pragtige dogters!!!
Marietjie.
dankie – ons stem volkome saam en ons laat weet vir Glenn, Jani en Tami om jou boodskappie te kom lees 😉
Hi Marietjie, baie dankie vir die pragtige boodskap. Dit was waarlik ‘n droom wat vir my ma waar geword het, en sy sal jou boodskap baie waardeer.
lovely !!!
🙂 Will let Glenn, Jani and Tami know to come read your message 🙂
Thank you so much for the compliment, we appreciate it.
Baie mooi Tannie 🤍 Jul is so n pragtige voorbeeld vir ons. Baie liefde Carina en dogters.
😉
Hi Carina, dis so lekker om te hoor – mag julle ook saam iets skep wat ons Vader kan eer.