Kom lees en luister saam...
Luister na die voorlesing:
"Die Here sal vir julle veg, en julle moet stil wees."
Eksodus 14:14:
PROSA
Doringdraad en blomme
Rolle doringdraad om die vyand se stormloop te belemmer,
Diep loopgrawe in die harde ys-grond.
Koue modder en ys.
Bloed, lyke van kammerade.
Koue kos,
weet nie wanneer die volgende bom gaan val –
die volgende stormloop…
Versplinterde boomstomp, gebreekte takke le geknakte blomme plat,
Eens vriende van oor die grens, nou vyande – is daar enige hoop in hierdie doods-worsteling?
Waaroor die baklei weet ons lank nie meer nie.
Die bevele kom van bo: veg of vergaan.
Waar is God in hierdie worsteling?
Dan, deur die stilte van die oggend uur kom die stem wat sing,: “Stille Nacht”.
Almal luister na die prag lied.
Dan vanuit ons loopgraaf kom nog ‘n stem , “Silent Night”.
Sing saam,
mense begin opstaan en saam sing aan albei kante,
wapens word neergesit en klim uit loopgraaf.
Stap oor doringdraad na niemandsland.
Vyande ontmoet mekaar sonder wapens, net met ‘n lied.
Begin gesels oor en weer,
ruil sigarette en eetgoed uit.
Bal verskyn en sokker word gespeel.
Die donker geluide van oorlog vervang met lag en gesels en sang.
God is wel teenwoordig,
in die midde van dood en verwoesting bring Jesus se geboorte vyande bymekaar en gee hoop.
Dit is 25 Dec 1914.
© JanDink…
© JanDink
Aug 2026
"Het Ek jou nie beveel nie? Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees of verskrik nie, want die Here jou God is met jou oral waar jy heengaan."
Josua 1:9:
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/doringdraad-jandink
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
