Die Potlood Maker – Ah,Willa!

Die Potlood Maker 2 for Wired & Well © copyright

YHWH wil deur ons groot dinge doen, maar soms neem ons menswees oor en U wil stilgemaak. Onthou net, Sy genade is gedultig en ‘n opregte: “Ek is jammer Vader” word aangehoor en anvaar…

Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Luister na die voorlesing:

Die Potlood Maker

Hoe moeilik is dit
om in U hande
vasgehou te wees –
dis warm en veilig,
maar tog skreeu
my menswees
‘n eie rigting in.

En elke keer
as die lewe slyp,
weet ek tog dis U
wat my help vorm
tot ‘n volmaakte wese,
Maar sjoe! Dié seer –
my menswees keer!

Deur my kan U
groot dinge doen,
maar as ek weer sien
het my menswees
weereens
oorhand gekry
en U wil stilgemaak.

Ai Abba Vader,
al die foute wat
ek ongeduldig maak;
kan U kosbare bloed
met eens uitvee …
maar hoeveel keer wil ek
U nog laat uitbloei?

Almal sien my buite dop raak,
die ou lyf verweer
deur al die jare –
dis nie waarna U kyk nie,
maar die ou harde hart van my;
kan U dit nog ‘n keer
skoon en sag kry?

Abba Vader, die wêreld
is donker-wreed, vêr van U!
Hier is my wese nou in U hand;
vorm dit weereens na U wil
om vir U alleen ‘n merk te los.
Ek wil soos ‘n potlood
in U hande wees.

© ♫~♥Ah,Willa!♥~♫

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/die-potlood-maker-ahwilla
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

1 thought on “Die Potlood Maker – Ah,Willa!”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top