Luister na die voorlesing:
Die liefde
So sag soos wol op my vel.
Wat my warm hou teen die koue van buite.
Die hitte versprei tot in die diepte van my hart,
En hou my warm vir ‘n winter.
So kleurvol soos die reënboog na die storm.
Wat die lig verkleur met sy vrolikheid.
Die kleure verf die mure van my hart,
Wat vergrys het van die wêreld.
So Lieflik soos klank van wind deur die blare.
Wat almal saam sing om die mooiste note maak.
Die klanke waai my hart rustig met sy simfonie,
En laat ‘n kalmte in my hart sing.
So vervrissend soos koue water na n warm dag.
Wat smaak soos die beste wyn vir my droë tong.
Die water maak weer wakker wat eens dood was,
En vul my hart met nuwe hoop.
© BellaBok
Die liefde - Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword............ En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
1 Korintiërs 13 verse 1 en 13
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/die-liefde-bellabok
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
