Dalk – Odette Karsten

Dalk Aspris Vergewe for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

Moet jou oor niks bekommer nie, want elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd...

Elke ding het sy vaste tyd 1Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: 2daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 3'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red, 'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou, 4'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, 'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans, 5'n tyd om klippe weg te gooi, 'n tyd om hulle bymekaar te maak, 'n tyd om te omhels, 'n tyd om weg te bly van omhelsing af, 6'n tyd om aan te skaf, 'n tyd om te laat wegraak, 'n tyd om te spaar, 'n tyd om weg te gooi, 7'n tyd om te skeur, 'n tyd om toe te werk, 'n tyd om stil te bly, 'n tyd om te praat, 8'n tyd om lief te hê, 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog, 'n tyd vir vrede.

Dalk

Dalk loop jy vandag met seer in jou hart.
Dalk veroorsaak iemand vir jou baie smart.
Dalk sê jy iets voor jy dink,
en veroorsaak weer pyn waarin ander verdrink.

Dalk moet jy iemand vandag vergewe,
sodat jy jouself kan gun om voluit te lewe.
Dalk het jy onlangs jou hart se flenters opgetel
of dalk moet jy ‘n slag huis toe bel.

Dalk het jy iemand kosbaar verloor,
en jy wonder nou hoe begin ‘n mens oor?

Dalk dink ek vandag aan jou
en jy aan my.
Dalk is dit jou eerste asemteug
of dalk is jou laaste een verby.

Dalk is dit jou kans om jouself te vergewe,
jou kop op te tel
en voluit te lewe. 



© Odette Karsten

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/dalk-odette-karsten
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top