Aspris Vergewe – Muskiet

Aspris Vergewe for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.

Aspris Vergewe

Vergewe is moeilik, vergewe is vry.
Vergewe is vir altyd, vergewe is vir mý.

Om aspris te vergewe, maak ek jou vry
Maar die grootste vry,
is binne in my.
Vergewe aspris, soos dit is…
vergewe doelbewus,
die hart se grootste blus.

Vergewe is maklik,
vergewe is lank…
vergewe jouself,
dalk die mooiste klank.

Vergifnis vir jou, vergifnis vir my.
Sag bind vergifnis die drade in my sy.
Vergifnis vir hom, vergifnis vir háár…
Diep trap vergifnis; ‘n lewensaar.

© Muskiet

Maar U, Here ons God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al was ons opstandig teen U.

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/aspris-vergewe-muskiet
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top