Luister na die voorlesing:
Alleen
Ek voel alleen,
opsoek na ‘n gevoel –
daai spesiale gevoel van warm arms om my.
Ek voel alleen want daar is niemand soos dit.
Ek voel alleen,
opsoek na iemand vir my –
net iemand om vas te hou.
Ek voel alleen want daar is niemand soos dit.
Ek voel alleen,
opsoek na ‘n hand –
‘n hand in myne terwyl ons die land verken.
Ek voel alleen want daar is niemand soos dit.
Ek voel alleen,
opsoek na nie te veel –
net een iemand, dis mos nie te veel?
Ek voel alleen; want dit voel leeg.
Ek voel alleen,
eintlik opsoek na U –
na U teenwoordigheid rondom my.
Ek voel alleen; want my hart verlang na U!
Ek voel alleen,
maar U beloftes vertroos my.
Ek voel alleen,
maar U hoor my hart.
Ek voel alleen,
maar U is naby my.
In U woord en waarheid
is ek vry van die leuen van alleenheid.
© BellaBok
Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen kwaad vrees nie, want U is met my.”
Psalm 23:4“
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/alleen-bellabok
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
