Luister na die voorlesing:
"Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee."
Jeremia 29:11:
Die Lewe
Daar is lewe in oorvloed,
op die Weg van Waarheid,
met ‘n Vaderlike eindbestemming;
waar ons voorwaar kan lewe…
al het ons dan nou ook gesterwe.
Daar is vrede te vind,
by die Waters van Rus-wat net HY kan gee,
sodat ons harte nie ontsteld of bevrees sal wees;
want ons glo in Hom…
By Hom is die Weg, Waarheid en Lewe-
van nou tot in alle ewigheid!
Amen
© Anri Human
06/2004 (Hersien 09/2023)
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.
Psalm 23:6
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/die-lewe-anri
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

ongelooflik. dankie anri❤️
Alle eer aan Vader wat lewe aan ons skenk 🥰🙌🏻 baie dankie!
🥰🙏
Dankie my maatjie 🤗🫂