Heerlike Lente – Glenn Kahts

Heerlike Lente for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

Heerlike Lente for Wired & Well © copyright

Heerlike Lente

Dis heerlike lente, die winter is verby.
Die voëls en die blomme nooi vir jou en my
om saam in die lente briesie te dans.
Ons oë word gestreel deur die sonsopkom se glans.

Ons lag en sing; daar’s ‘n huppel in ons stap.
Die apies rol en speel, hul hande klap!
Die heerlike son ontdooi die winter kou.
Dankie Abba Vader, dat U wonderlike skepping
jaar na jaar in soveel prag voor ons ontvou!

Hallelujah!



©️ Glenn Kahts

God is my Hoop!

"Die weivelde is bedek met kuddes, en die dale is toegehul in koring; hulle juig, ja, hulle sing!"

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/heerlike-lente-glennk
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

3 thoughts on “Heerlike Lente – Glenn Kahts”

    1. Dankie Martie en ons gaan graag jou prag gedig binnekort deel – dankie vir die mooi wat jy in die lewe saai en hoe jy ouers help om hul kinders vir Christus te rig

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top