Luister na die voorlesing:
Lentereëns
(Hosea 3:2-3)
Ek wy myself opnuut aan U,
soos wat U, U Gees,
soos stortreëns oor my giet …
U lig skyn oor my,
so seker as wat die son
elke oggend verskyn.
U stuur die lentereëns,
om my te verkwik.
U gee my opnuut weer krag,
om elke dag,
in U teenwoordigheid
te leef …
©️ Jani Kahts
As die koning vriendelik is, is jy seker van jou lewe; sy goedgesindheid is soos 'n wolk wat lentereëns bring.
Spreuke 16:15
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/lentereens-jani
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
