Luister na die voorlesing:
Lente
Die bopunt van die son
vat effe langer
om anderkant die horison te verdwyn.
Die nag se groet kom effe gouer
as die môreson net na ses al verskyn.
Ek ken jou in die mooiste bloeisels,
ek ken jou in ‘n koppie koffie
as ons op die stoep sit;
en op sonskyn middae
in ‘n leesboek.
Ek ken jou in saai,
ek ken jou in plant,
in kindertjies wat kaalvoet
rondhardloop in jou smiddae
(met plakkies en ‘n kortbroek).
Ek ken jou,
omdat Hy my seën
met jou nuwe prag
(na elke donker nag verdwyn).
Ek ken jou as Lente,
want na elke winter,
is daar weer sonskyn.
Die son se laaste skyn vat effe langer
om anderkant die horison te verdwyn.
Die nag se groet kom effe gouer
as die môreson net na ses al verskyn.
© Odette Karsten
Die gras verdor en die blom val af, maar die woord van die Here bly vir ewig.
1 Petrus 1:24,25:
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/lente-odettek
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
