Lente – M’Hennie

Lente gelees deur Andre Truter for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesings:

Kyk, die reëntyd is verby, die reën is oor, dis weg. Daar is bloeisels in die veld, dit het tyd geword om te sing; die tortelduif se stem klink oor ons land.

Lente

Orals sien jy net blare uitkom by kaaltakbome,
en blomme wat bloei langs koel waterstrome,
en grassies wat groei na ‘n lang wintersrus,
en die son wat sorg vir nuwe lewenslus.

Berg en dal, kloof en krans, is oortrek met kleure.
Magrietjies en kappertjies sprei hul geure.
Miere en goggas skarrel vir ‘n vale;
uit die grond kom hul – die grondgenerale.

Springbokke spog met hul pronkspring – skoon uitgelate.
Gemsbokke klap horings; wat ‘n spektakel.
Ons klere verklap onse lentegemoed.
Kinders is net baldadig – die mal kleingoed …

So lyk die heerlike lente na winter se dood.
Los dit, my liewe maat, daai treurige noot.
Laat ons liewerster dans met ‘n lentepragkleed
oor ons God vir ons sorg soos almal wel weet.

Ons dank gaan aan dié God wat gemaak het die lente
en ook geseën het ons sondige mense.
Prys Hom en loof Hom, die genadige Vader,
vir lewe en liefde van onskatbare waarde!

© M’Hennie
24/08/2019

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/lente-mhennie

of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top