Luister na die voorlesing:
‘n Nuwe Seisoen
Die bome verkleur,
en die blare val;
nog ‘n seisoen is verby.
Ons het lekker geswem,
gespeel en gelag;
maar nou is die somer verby.
Dit is nie altyd alles sleg,
nuwe dinge lê nou voor;
‘n winterson
vir ‘n koue lyf
en ‘n warm kaggel vuur.
Die lewe stap aan,
en dinge verander –
hoekom kon tyd
nie stilstaan?
Maar een ding
weet ons verseker,
daar breek altyd weer
‘n nuwe seisoen aan …
©️ Jani Kahts
"U het die maan gemaak om die vaste tye mee aan te gee, die son weet wanneer om onder te gaan."
Psalm 104:19
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/nuwe-seisoen-jani
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
