Verbi Crux – M’Hennie

Verbi Crux for Wired & Well © copyright

U hart wil oopbars van smart en lyding, Heer,
maar vir ma Maria sal U nog omgee, teer:
“Daar is jou seun, Ma, en Johannes, my vrind,
sorg vir haar vanaf vandag, so as ‘n kind.”

“Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: 'Dit is volbring!' Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.” U

Luister na die voorlesing:

Verbi Crux

Here, oor Sion het U eens geween:
“Jerusalem, Jerusalem, hoe dikwels wou Ek
jou verhef en vat uit jou sondeplek,
maar jy wou nie en gaan voort op sond’pad heen!”

Dan kom U nog met u groot vergewing
vir hulle wat die hamer vat en slaan:
“Vader, vergeef hulle vir weet nie wat aangaan!”
Ongevraagd en onverdiend; wyl U sug in lyding…

En aan die kruis, Heer, sal U nog sowaar
‘n mede-kruiseling verseker met:
“Vandag is jy met My in Paradys – onbesmet!”
Die ander een kom met smaadwoorde en spot’ry klaar…

U hart wil oopbars van smart en lyding, Heer,
maar vir ma Maria sal U nog omgee, teer:
“Daar is jou seun, Ma, en Johannes, my vrind,
sorg vir haar vanaf vandag, so as ‘n kind.”

Dan hoor die mensdom wat dit moes beteken
om só aan ‘n kruis te sterf vir sonde.
U bloed getap, die liggaam nog vol wonde:
“My God! My God! Waarom moet Ek alleen als afreken?!”

U weet tog alles Heer, van Skrif en Woord
en wis ook dat U nou het volbring U taak.
Daarom sê U nou op die Skrif genaak:
“Ek is dors!”, maar dis nog nie die laaste woord…

Na suur wyn u dors moes les, sê U met groot stem
net die een woord: “Tetelestai!” (“Dit is volbring!”).
Sê U as nederige Mens, maar tog ook Koning.
Dit was Gods plan, ja, soos Hy dit het bestem.

Met harde stem bring U toe hierdie woorde uit:
“Vader, in u hande gee Ek My gees oor!”
Dit was die laaste woorde wat ons moes hoor.
Daarna blaas U die laaste asem uit….

Ek aanskou U aan die kruis, my Heer en Heiland.
Was die vervloekte kruis dan vergeefs gewees?
Nee, vir mý was dit nie vergeefs gewees,
en “Nee”, sê Paulus in sy beredeneringstrant.

Heer, nou verstaan ek hoekom U het geween;
nie oor hartseer of kwaad of wat ook al.
U het gehuil oor die mensdom wys hy sal
met sy lewe mors en spoed op sond’pad heen…

Maar ék geredde sondaar en u kind, Heer!
Ek bring U al die eer, my God en Heer!

Amen

© M’Hennie
7/8/2001

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/verbi-crux-mhennie
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top