"Ongeloof loop uit op ‘n hoop’lose einde; geloof loop uit op ‘n eindelose HOOP”
Gilbert Brencken
"en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het."
Romeine 5:5 Afr83
"Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is."
HEBREËRS 6:19 (AFR83)
Hoop
(“Ongeloof loop uit op ‘n hoop’lose einde; geloof loop uit
op ‘n eindelose HOOP” – Gilbert Brencken.)
“Om vertroue te hê”; soos in “HOOP op God”;
is ‘n betekenis, waarop ek wil ingaan.
“Ons verheug ons in die HOOP op die heerlikheid
wat God vir ons bestem het”, sê Paulus, en gaan voort:
Swaarkry kweek volharding wat weer egtheid van geloof kweek.
Egtheid van geloof kweek HOOP op God,
En dié HOOP stel ons nie teleur nie,
want God is daar in sy Gees.”
Paulus bid ook dat God ons geestesoë
sal verhelder sodat ons sal weet watter HOOP
Gods roeping vir ons, sy kinders, inhou.
Op grond van dié geloof kan ons HOOP al sterker word,
en laat ons HOOP op ‘n heerlike toekoms saam met Jesus.
Om te HOOP, gryp jy nie in die lug rond nie,
maar verseker jou van dit waaraan jy glo.
Bou dus jou HOOP nie op mense nie,
maar op God in wie jy heelhartig kan glo.
Jesus het jou toekoms vir jou oopgesluit. Dus is
jou geloof geanker in God se liefde
waar sy Gees met jou saamloop na ‘n toekomsverwagting –
na God se heerlik’ hemelse woning – wat ‘n HOOP!
Daarom en om dié rede HOOP ek!
Daar is geen einde aan sy ontferming nie!
© M’Hennie
Luister na die voorlesings:
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/hoop-mhennie
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
