Luister na die voorlesing:
Verwysings:
1 (Vgl. Matt. 2:1 – Ou Eng. Vertaling (A.D. 1611)
2 (grootgeword – HAT)
3 (bewei – HAT)
4 (pakslae – HAT)
5 (altyd gereed met ‘n antwoord – HAT)
6 (uitroep van verwondering – HAT)
7 (Vgl. Mark. 10:51; Joh. 2:16b)
8 (Vgl. Fil. 1:23)
9 (Vgl. Spr. 10:9; 14:2)
10 (Vgl. LB284 – die eerste reël van strofes 1-3)
11 (Vgl. Matt. 1:23 – wat verwys na Jes. 7:14: ook Jes. 8:8)
"Ek is in 'n tweestryd: ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste; maar in julle belang is dit noodsaakliker dat ek bly lewe."
Filippense 1:6
Wie’s jy?
Ek? O, ek’s HENDRIK FLORIS CHRISTOFFEL JOOSTE,
verbind my oor wysheid nie met die Ooste.
Nee, dis ‘n geen geërf van my vader-pa,
wat alle twyfel uit jou gemoed sal uitja.
Gebore en getoë op Suidwes-Afrikaanse bodem
in Mariental – ‘n dorp uitgelê op Bersebameersbodem.
Waar witgatbome die gehardheid weerstaan;
en Soetdoringbosse dwing bars daarmee saam.
Grootgeword en verstand gekry op ‘n suide-plaas
waar karakoele en Persianers die velde graas
en springbokke uitgelate pronk vir ‘n vale
en spring; soms tot vyf meter hale.
My ID kaart sê nie juis veel oor my
met ‘n foto wat kinders goggabang laat kry.
Die handtekening daarop is ‘n wilde gekrap –
lyk soos ‘n vlieg wat in die inkpot het getrap.
Skoolgaan en ‘n koshuislewe was groot pret
veral as die onnie jou gryp oor jy gesondig het.
Dan kry jy siepsop-en-braaiboud – drie hale ten bes
met ‘n rottang-stok wat trag leer jou ‘n les …
Stap ek toe uit die Skool uit met Standerd tien –
glo Graad twaalf moet ek deesdae sien.
“Nie veel van geleerdheid”, hoor ek jou brom,
maar wetsgeleerd waar ek vandaan kom.
En durf die lewe aan met Plaasjapie-moed.
Dis wat my al die jare gehelp het ten goed.
Kom optes en aftes van die ou lewe teë.
Dit het gehelp ‘n taai Hendrik te smee …
Maar, o, liewe deug, ek kom toe te staan
teen boosheid op boosheid waar Satanskind gaan.
“Hoe gemaak nou om dít te weerstaan?” – dog ek
ewe verdwaas wyl ek my wonde lek …
Kom toe te staan voor ‘n groot keus in my lewe:
“Wie gaan jy dien en voor leef: Satan of Here?”
Dié Sondebaas staan my glad nie aan nie.
En toe kies ek Jesus, my Verlosser en Rabboeni.
Wat my omdop soos lekker lemoen-eet, verstaan?
Sodat my lewe voortaan net een koers gaan –
‘n koers wat uitloop op ‘n Hemelstad daarbo –
vir ewig gelukkig by Hom, die Here – as jy net glo …
“Dis vir my verreweg die beste”, deel Paulus ook mý hoop.
Spreuke se raad is: “Hou dan op om krom paaie te loop”.
Laat sý vrede deur my vloei….,dié Here, Immanuel.
Nou weet ek: “Dit is wel met my siel! Dit is wel!”
© M’Hennie
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/wies-jy-mhennie
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
