Luister na die voorlesing:
Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik.
Psalm 145:3
Die Vaderhart van God
Die Vaderhart van God vir ons,
is dat ons Hom sal liefhê, en sal ken.
Hy wil Sy weë aan ons bekend maak;
Hy wil ons harte wen.
Sy hart vir ons is ‘n lang lewe,
om die goeie te kan smaak.
Hy wil ons met Homself vul;
Hy wil ons harte kom aanraak.
Hy skenk ons aan mekaar,
sodat ons nooit alleen hoef te wees.
Sy hart vir ons is gemeenskap,
liefde, samesyn en geen vrees.
Hy wens vir ons vrede, vreugde en geluk.
‘n Vaderhart,
wil nie hê ons moet misluk.
Hy gee Sy woord,
om vir ons die pad aan te wys.
Dis Sy bloed, wat deur ons are bruis.
Sy wens, is dat ons die wedren sal voltooi;
om vir ewig saam met Hom te wees;
Ons is, na die bruilof genooi…
©️Jani Kahts
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/vaderhart-jani
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
