Oop gesprek met God – EmmaBlom

Oopgesprek met God for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.

Oop gesprek met God.

Hy is in my diepste wese,
dieper as my gedagtes in my.

Hy is nader as die vel op my lyf,
dieper as die bloed in my are,
dieper as die bene in my lyf.

Tog, al is Hy so diep,
bly ek mens!
Ek struikel, ek val.
Ek laat my onkant vang,
en laat toe dat
die vyand my aanval.
Ek hou aan baklei,
want ek weet, dat ek weet:
dat ek wéét, God is in my!

© EmmaBlom

Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.


Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/oopgesprek-emmablom
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top