Waar …? – Anri Human

Waar...? for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag.

Waar …?

Waar sal ek soek?
Vriende, ouers, familie kan raad gee-
maar telkens vra ek myself weer…
Waar kan ek soek en ‘n bevredigende antwoord kry?

Vee voor jou eie stoep,
die eeue oue waarheid of naarheid?
Interne soektog na daardie naald in die hooimied, wat jou pla-
en ek myself weer die vraag afvra:
Waar kan ek aanklop om hulp?

Daar is egter slegs een antwoord tot hierdie vraag,
gaan vra die Een wat die hooimied gemaak het…

Waar sal ek soek? By God alleen.
Waar sal ek ‘n antwoord kry? By God se troon.
Waar kan ek aanklop om hulp? By God se Vaderhart.

© Anri Human
2001-11-11
(Hersien 10/02/2024)

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/waar
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top