Luister na die voorlesing:
In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
Johannes 14:2-3
Ons weet immers: as ons aardse tentwoning afgebreek word, het ons 'n gebou van God, 'n tuiste wat nie deur mensehande gemaak is nie, ewig in die hemele.
2 Korintiërs 5:1
Vir my ewige huis
Gebore om te sterf
sodat ek ewig lewe kon erf!
Van krip tot kruis
vir my ewige huis.
Enigste Seun
aan aarde geleen.
Enigste Weg –
Waar, Eg.
Sy dood toegelaat om
die derde dag te laat kom!
© Alicia Kotze
En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees. En daar sal geen nag meer wees nie, en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, want die Here God verlig hulle.
Openbaring 22:4-5
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/vir-my-ewige-huis-alicia-kotze
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.
