Ek wonder – Tami Kahts

Ek wonder for Wired & Well © copyright

Luister na die voorlesing:

"Laat alles by julle in liefde geskied."

Ek wonder

Ek wonder of jy ooit sal weet.
Ek wonder of ek ooit sal vergeet.
Van my trane in die nag
en my hart se kreet in die dag.

Ek wonder of jy weet
dat Hy weet van jou leed.
In jou oë sien ek seer.
Ek bid vir jou omkeer.

Ek wonder of jy besef
dat die seer van jou hart se gekef,
stil gemaak kan word deur Sy wonde,
en jou ook kan red van jou sonde.

Die seer van jou hart
en jou siel se smart,
kan en wil Hy genees.
Jy sal ‘n nuwe mens wees.

Ek wonder of jy sou wou
vir God ‘n kans sal gee gou?
Eendag, weet ek nou,
sal jy onder Sy liefde vou…

Eending sal ek nie oor wonder…
Ek, het ‘n God van wonder!!
En terwyl jy wonder oor God.
Treur ek oor jou lot.

© Tami Kahts

Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url:
https://www.rethinkingfamilies.com/ek-wonder-tami-kahts
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top