Luister na die voorlesing:
Plastiek
ek loop kaalvoet op die sementpad
waar voutjies sit tussen stene
my tone krul oor die kant
die kant van my hart se rand
wat plek-plek wit letsels laat
van gedwonge krake
waar is die blouvye se pitte heen
die holtes in my murg wat saggies klae
jy was dan die vlerke van my kolgans
deur dieptes van jou roep
het my oogfokus tog ontbind
soete geloof ongesiens onklaar
vy-segmente in pitvesels vir proe
dadelstroppe wat soet oor jou vingers klou
doof was my ore
bindende, blindende asembedrog
as my voet swik en kraak
op my pelgrimstog
op sementrante van die vyetrosklank
rus stukkies van ‘n ongedroomde droom
op ‘n skinkbord gedek en getooi –
plastiekvye en plastiekdadels in rooi …
© Margaret Bennett
11/10/2025
"En wat julle ook al sê of doen, doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom"
Kolossense 3:17 :
Deel gerus met familie en vriende of op jou sosiale media….
Bladsy url: https://www.rethinkingfamilies.com/plastiek-mb
of gebruik die sosiale media knoppie hieronder…
Jy is baie welkom om terugvoer in die kommentaar afdeling te gee.

Baie mooi treffend gedig